Junior Koor

Junior Koor

Ons kore is ons uitvoerproduk!  Hul koorsang is van hoogstaande gehalte, volgens netheid kan hul deur ‘n ring getrek word en al die koorlede tree as ambassadeurs van ons skool op.

Voordat leerders in die Junior koor opgeneem word, moet hul ‘n deeglike stemtoets slaag.

KOORLEIDSTER:            Me. Surika Louw

BEGELEIDSTER:             Me. Sanri Oosthuizen

OEFENTYE:                     Dinsdae en Donderdae:  07:30 tot 08:00

KOORDRAG:                  

Me. Daleen Oosthuysen is in beheer van die koordrag.  Baadjies word voor optredes by die Klerebank afgehaal en die eerste skooldag na optredes, terugbesorg.

Dogters:                           Skoolrok

    Swart baadjie (te huur teen R50 per jaar by die Klerebank.)

    Wit sokkies

    Swart skoolskoene met wit sokkies (somer) of lang swart sykouse (winter).

    Langhare:  Franse vlegsel met ou gout lint (nie geel nie).

Seuns:                            Die eerste 3 items word deur die skool verhuur:

   Swart baadjie (te huur teen R50 per jaar by die Klerebank.)

   Wit langmouhemp

   Skooldas

  Grys skool langbroek

  Swart skoolskoene

  Lang, grys sokkies

OPTREDES:                 Formele optredes

 Musiek Montage

 George Koorfees

 Inligtingsdag