Hoof se boodskap

Hoof se boodskap

img_0446Laerskool George-Suid, ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis. Die skool is geleё tussen die pragtige Outeniquaberge en die Indiese Oseaan. By Laerskool George-Suid glo ons dat uitnemendheid by omgee begin. ‘n Besoek aan ons webtuiste wys dat kinders in ‘n positiewe omgee omgewing floreer.

Die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik:

Geestelik, Akademie, Sport en Kultuur.

Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan met die gepaardgaande aanleer van die volgende waardes:

Respek, Betroubaarheid, Regverdig, Omgee, Verantwoordelikheid en Burgerskap

Gebruik die webwerf om meer uit te vind oor ons pragtige skool, personeel en kinders. Indien u steeds nog inligting benodig, kontak of besoek die skool sodat die atmosfeer van George-Suid ervaar kan word.

Laerskool George-Suid, ‘n skool vir geleenthede in tye van verandering.