George Eisteddfod

George Eisteddfod

SAMEROEPER:  ME. SUSAN HATTINGH

AFRIGTING VAN LEERDERS:  KLASONDERWYSERS

Leerders kry jaarliks geleentheid om aan die George Eisteddfod deel te neem.  Inskrywingsgeld word deur die skool betaal.  Die optredes vind in die Art’s Theatre plaas.

In die Spraak en Drama-afdeling word daar 6 leerders per graad, in die Afrikaanse sowel as die Engelse afdeling, ingeskryf.  Die Gr. 1R-klas verras elke jaar met hul puik Spreekkoor-deelname.

In die musiek-afdeling word bykans al die musiekleerders ingeskryf en kry hul geleentheid om te wys waartoe hul in staat is. Ons is baie trots op puik uitslae wat jaarliks behaal word.  Sommige leerders neem ook aan die Mosselbaaise Eisteddfod deel.

Kore kry geleentheid om by die NG Kerk Denneoord aan die George Koorfees deel te neem en hulself teen ander kore te meet.  Hierdie beoordeling word deur ‘n ervare eksterne eksaminator gedoen.  Ons is elke keer dankbaar vir die positiewe, opbouende kommentaar wat gelewer word.  Dit spoor koorlede beslis aan om net hul bes te lewer.