Tweekamp

Tweekamp

SAMEROEPER:    ME. MARIET BOSHOFF

HULP:    ME. ETRESIA HEYNS

Tweekamp bestaan uit ‘n hardloop-  en swemafdeling.

Ouderdomme waarin Laerskool-atlete kan deelneem is 0/9, 0/11 en 0/13.

Die ouderdomsgroep waarin die atleet kan deelneem, word bepaal volgens die atleet se ouderdom soos op 1 September.

AFSTANDE VIR DEELNAME VOLGENS OUDERDOMSGROEPE

0/9 en 0/11:  800 meter hardloop en 50 m swem

0/13:  1 200 meter hardloop en 100 m swem

Tweekamp-atlete se hardloop- en swemtye word volgens ‘n tabel na punte omgeskakel.

‘n Atleet word slegs in die SWD-A-span opgeneem wanneer die atleet meer as 2 000 punte behaal het.

Meeste byeenkomste vind op Oudtshoorn plaas.

Die hardloop-afdeling vind by die De Jagers sportstadion plaas en die swem by die NA Smit 50m-swembad.

Atlete kry geleentheid om aan 3 liga-byeenkomste, 2 interprovinsiale en die SA-byeenkoms deel te neem.

Tweekamp-byeenkomste vind slegs in die eerste en vierde kwartaal plaas.

 

Tweekamp