Gholf

Gholf

SAMEROEPER: MNR EAN EYGELAAR

Seuns- en dogterspanne oefen op hul eie en neem aan liga-wedstryde en toernooie deel.  Om in die A-liga te kan speel, moet 2 of meer spelers van die skool oor ‘n amptelike voorgee beskik.  Om in die B-liga te speel is dit nie nodig vir gholfers om ‘n voorgee te hê nie.  ‘n Span bestaan uit 4 spelers.  LGS het 3 seunsspanne en 1 dogtersspan wat in die B-liga ingeskryf is.  Die B-liga bepaal dat spelers op ‘n kleiner baan speel, slegs 9 putjies.  Spelers speel in ‘n 4-bal-kompetisie.  Spelers speel met hul eie gholfstel, gholfballe en pennetjies. Die koste per toernooi is R40 per speler.  Liga-spelers speel 1 Vrydag per maand.  Deur die loop van die jaar speel hul 10 toernooie en neem ook aan die Ernie Els-toernooi deel.  

Gholfbane vir A-liga:  Oubaai, Mosselbaai, Knysna Pezula

Gholfbane vir B-liga:  Glenwood, Three Camaleons, Sedgefield links en Dolphins Creek

 

Gholf2.