Senior Koor

Senior Koor

Ons kore is ons uitvoerproduk!  Hul koorsang is van hoogstaande gehalte, volgens netheid kan hul deur ‘n ring getrek word en al die koorlede tree as ambassadeurs van ons skool op.

Voordat leerders in die koor opgeneem word, moet hul ‘n deeglike stemtoets slaag.

KOORLEIDSTER:    Mnr. Calvin Steyn

BEGELEIDSTER:    Me. Irene Louw

OEFENTYE:

Maandae:  14:00 tot 15:00

Dinsdae:  07:25 tot 07:50

KOORDRAG:

Me. Daleen Oosthuysen is verantwoordelik vir koordrag.  Koorbaadjies word voor optredes uitgeboek by die Klerebank en moet op die eerste skooldag na optredes, terugbesorg word.  Baadjies word teen R50 per jaar verhuur.

Dogters:

Geel skoolrokke

Lang swart sykouse

Swart skoolskoene

Langhare:  Franse vlegsel met ‘n goue lint (nie geel nie).

Swart baadjies (word deur Klerebank verhuur)

Seuns:

Wit langmou hemp

Grys skool langbroek

Swart skoolskoene

Grys lang sokkies

Skooldas

Swart baadjies (word deur Klerebank verhuur)

 OPTREDES:

Formele optredes

Musiek Montage

George Koorfees

Mosselbaai Koorfees

Songs of praise