Sportdrag

Sportdrag

LO- EN SPORTDRAG
LO-DRAG
  • LGS-sporthempie
  • LGS-sporthempie:  Dogters:  Mouloos met kraag  (mag ook die kraaghemp met moue vir LO dra.); Seuns: kaaghemp.
  •  Die swart LGS-sportbroekie of gewone swart oefenbroekie (sonder logo of naam van skool) word saam met die hempie gedra.
  • Indien Gr. 1 tot 6-leerders die korrekte LO-drag tydens LO-periodes dra, is dit nie nodig dat hul na afloop van LO-periodes weer skooldrag aantrek nie.
  • Indien leerders gedurende die winter hul skoolsweetpak met die LO-hempie tydens LO-periodes dra, is sokkies en tekkies daarby verpligtend.
  • Daar word van leerders verwag om die korrekte kleredrag tydens LO periodes te dra.
SWEETPAK
  • Swart sweetpakbroek met geel strepie (“piping”) langs die sye.
  • Swart reënbaadjie
  • Sokkies en tekkies verpligtend.
PETTE
  • Geel pet met Loerie-logo

SPORTDRAG VIR VERSKILLENDE SPORTSOORTE

Daar word van leerders verwag om die korrekte sportdrag te dra tydens wedstryde.
ATLETIEK

TWEEKAMP 

LANDLOOP

  • Swart LGS-sportbroekie
  • Atletiekfrokkie
  • Tekkies (spykerskoene) met wit sokkies (opsioneel)
SWEM

WATERPOLO

  • Seuns: Swart speedo of “second skin” vir galas
  • Dogters:  Swart eenstuk swembroek
  • Geel of swart swempet (verpligtend vir Swem, Waterpolo gebruik waterpolo-kappie soos deur skool verskaf.)
  • Swembril (opsioneel net vir Swem)
  • LGS-sporthempie
  • Swart LGS-sportbroekie
KRIEKET
  • Wit kortbroek
  • Wit langbroek (0/13A-span)
  • Wit LGS-kraaghemp (0/11A en 0/13A-span)
  • LGS-sporthempie
  • Tekkies of Krieketskoene met LGS-hokkiekouse
  • LGS-pet
  • Swart pet:  erkenning vir prestasie
TENNIS
  • Seuns:  swart LGS-sportbroekie met wit LGS-kraaghemp.
  • Dogters:  netbalrompie of LGS-sportbroekie met wit moulose hemp
  • Tekkies met kort, wit sokkies
NETBAL
  • Netbalrompie
  • Netbalbroekie (sjoebroekie)
  • LGS-sporthempie (mouloos)
  • Tekkies met kort, wit sokkies
  • 0/11A-span:  geborgde drag slegs by HESS-toernooi
  •  0/13A-span:  geborgde drag vir wedstryde
HOKKIE
  • Seuns:  LGS-sportbroekie met LGS-sporthempie
  • Dogters:  Swart LGS-sportbroekie of Netbalrompie met sjoebroekie en LGS-sporthempie (mouloos)
  • Tekkies of hokkie-skoene met LGS-hokkiekouse
  • 0/13A-span:  geborgde drag
RUGBY
  • Swart LGS-sportbroekie of enige ander swart sportbroekie (sonder logo of naam van skool)
  • Wedstrydtruie word voorsien.
  • Oefeninge:  enige T-hemp of rugbytrui
  • 0/11A en 0/13A-spanne:  geborgde drag vir wedstryde
  • Rugbypet:  0/13A
SKAAK
  • Swart LGS sportbroekie
  • Swart LGS-sporthempie
  • LGS-pet
  • Tekkies met kort, wit sokkies (opsioneel)
GHOLF
  • Wit  LGS-kraaghemp
  • Swart LGS-sportbroekie
  • Tekkies/gholfskoene met wit sokkies