Ondersteuningsgroepe

Ondersteuningsgroepe

Daar is groot dankbaarheid teenoor alle ondersteuningsgroepe wat bydra tot die dinamiek en sukses van Laerskool George-Suid by wyse van die LoerieTrust, Ondersteunersklub, Kultuurgroep en Oueraksie.  Hierdie groepe speel ‘n ongelooflike rol in leerders, ouers en personeel se daaglikse ervaring by LGS.

Word vandag deel van “Team LGS” en skakel in waar jy ‘n verskil wil maak!

Verduideliking van die ‘logo’:

  • Pro Ludis Culturae – Latyn vir: Steun, Sport, Kultuur
  • Pro (Steun): Oueraksie – werkwoord vir die aksie as fondsinsamelingsdryfveer.
  • Ludis (Sport): Ondersteunersklub – geskoei op die visie van die groep om daadwerklik by te dra tot sport en infrastuktuur.
  • Culturae (Kultuur): Kultuurgroep – geskoei om kultuur in LGS te bevorder.
  • Ondersteuners – gesamentlike vaandel van alle ondersteuningsgroepe.