Bergfiets

Bergfiets

BERGFIETSHOOF: ME. ETRESIA HEYNS

Bergfiets is einde April 2016 aan LGS-leerders bekendgestel en spog met unieke fietsrydrag. 

Die skool neem reeds die afgelope twee jaar aan die Spur-Skolewedren deel en is ‘n sterk mededinger op die baan.  

Graad 1 tot 7 leerders kan geakkommodeer word om op Vrydae-middae saam te oefen. Fietsryers moet ‘n behoorlike bergfiets, met werkende ratte en remme, asook ‘n valhelm besit.