Rugby

Rugby

RUGBYHOOF:  MNR. EAN EYGELAAR

Spanne neem aan toernooie, sportdae en liga-wedstryde deel.  Die 0/13A-rugbyspan neem ook aan ‘n 7’s-toernooi deel.  Die velde, afrigters en spelers moet aan al die Bok-Smart-voorskrifte voldoen.

0/7, 0/8 en 0/9:  daar is 10 spelers in ‘n span, hulle speel net op ‘n halwe veld.  Hul skop nog nie pale toe nie en vorm ook nie vaste skrums nie.  Hierdie spanne se wedstryde is slegs 10 minute aan ‘n kant.  0/7 en 0/8-spanne speel nie liga-wedstryde nie.

0/11 en 0/13:  daar 15 spelers in ‘n span.  Hul speel op ‘n vol veld, 20 minute aan ‘n kant en die volle IRB-reëls word toegepas.

0/12 en 0/13-spelers word vir SWD-proewe ingeskryf.  0/13-spelers wat vir die SWD-A-span gekies word, kan aan die Cravenweek-toernooi deelneem.  0/12-SWD-spelers neem aan ‘n interprovinsiale toernooi deel.