Tennis

Tennis

TENNISHOOF:  ME. JORIKA VON WIELLIGH

Beginners  
Middelgroep  
Span  

 

 

 

LGS-tennis:  indien ‘n speler vir ons skoolspan wil speel, kan hy/sy ‘n tennisspeler op die tennisleer daag.  Indien die speler die wedstryd wen, neem die speler daardie spesifieke speler se plek op die tennisleer in.  Indien hy/sy verloor, val hul onder op die leer in. Dan kan elke speler gedaag word en kan die speler stelselmatig opskuif, ongeag ouderdom.  Die tennishoof moet te alle tye hieroor ingelig wees.

Die skool se A-span bestaan uit 4 seuns en 4 dogters.  Indien ons skool 2 of meer SWD-spelers in ons span het, speel ons skool in die A-liga.  Die B-span bestaan uit die volgende 4 seuns en dogters.

Tennisspelers op LGS se tennisleer, d.w.s die tennisspan, oefen in die 1ste en 4de kwartaal op Maandae en Woensdae.  In die 2de en 3de kwartaal oefen hierdie spelers by GREAT tennis.Tennisspelers, beginners en die middelgroep, oefen gedurende die 1ste en 4de kwartaal op Dinsdae en Donderdae.

In die eerste en vierde kwartaal word vriendskaplike wedstryde Maandagmiddae gespeel.  Aangesien die streek so groot is, word liga-wedstryde slegs 1 naweek per jaar gespeel

GREAT tennis tref al die reëlings vir die SWD-proewe.  Daar word nie ‘n George-span gekies nie, slegs ‘n SWD-span.  Spelers wat aan die proewe wil deelneem, kan deur GREAT ingeskryf word.  Inskrywingsvorms is op hul webtuiste beskikbaar.  Hierdie proewe, wat aan die begin van die jaar gehou word, behels dat ‘n “round robin” gespeel word.  Die beste 8 spelers in elke ouderdomsgroep word in die SWD-span opgeneem. ‘n Addisionele 4 spelers word gekies wat deur die MINI-toernooi, wat deur die loop van die jaar gespeel word, bepaal word.  Daar word dus altesaam 12 spelers per ouderdom vir SWD gekies.  Die SWD-toernooie word eers in die vierde kwartaal gespeel.

Spelers wat bereid is om vir afrigting te betaal, kan by GREAT tennis afrigting ontvang.  Tye sal afhang van die beskikbaarheid van die LGS-tennisbane en die program van die GREAT-afrigters.