Swem

Swem

SWEMORGANISEERDER:  Mnr. Konrad Postma

Swemmers swem by die skool sowel as by privaat-swemklubs.   Die slae wat geswem kan word is vryslag, borsslag, rugslag en vlinderslag.

Swemmers neem individueel aan verskillende gala’s deel.  As span neem hul ook in hul ouderdomsgroepe aan aflosgala’s deel.

GALA’S WAARAAN SWEMMERS KAN DEELNEEM:

KLEURE-GALA:  Alle leerders wat kan swem, mag vir die gala ingeskryf word.  0/7 en 0/8-swemmers word deur die onderwyseresse uitgesoek.  Kriteria: kan die swemmer ‘n volle lengte met gemak swem sonder om te staan of te stap?  Na afloop van die gala word die eerste 4 plekke in elke ouderdomsgroep en slag aangewys en hierdie swemmers vorm dan die swemspan.  0/7 tot 0/14-swemmers swem 25m.  Dit is slegs wisselslag wat 100m is.

AFLOSGALA’S:  hierdie gala’s word by verskillende skole aangebied.  0/9 tot 0/13’s neem hieraan deel.  Hierdie swemmers neem in spanne van 4 deel:  vryslag, borsslag en rugslag.  Die afstande is 4 x 25m in ‘n 25m swembad.

INTERSKOLE GALA:  die vinnigste swemmers, 09 tot 0/13, neem aan hierdie gala deel.  Individuele, sowel as aflos-items, word geswem.  Afstande:  50m vir gewone items en 200m vir wisselslag. Die verskillende skole ding teen mekaar mee.  Die skool wat die beste vaar, word as wenners van die interskole aangewys.  Hierdie gala word in ‘n 50m-swembad gehou:  NA Smit op Oudtshoorn of die Conville-swembad op George.

LOERIE-UITNODIGINGSGALA:  hierdie is ‘n geborgde gala vir 0/7 tot 0/13-swemmers.  Slegs 2 swemmers word per item ingeskryf.  Ons skool nooi ander mededingende skole uit om teen ons mee te ding.

SWD EDEN GALA’S:  LGS betaal ‘n registrasie-fooi sodat swemmers wat nie by klubs geregistreer is nie, aan hierdie galas in die eerste en vierde kwartaal kan deelneem.  Dit is nie skool gala’s nie, maar wel gala’s wat deur die klubs in George georganiseer word.  Swemmers moet egter ook ‘n inskrywingsfooi betaal om deel te neem.

KLUBS:  swemmers wat ernstig voel oor swem, kan enige swemklub in die dorp nader om aan te sluit.  Individuele afrigting word by die klubs gedoen en swemmers word blootgestel aan kompetisies waaraan hul andersins nie blootgestel sou word nie.  Swemmers kan aan “Level” 1, 2, 3 en “Snr. Nationals” gaan deelneem, mits hul kwalifiserende tye swem.

EDEN-KLEURE:  LGS gee erkenning aan swemmers wanneer hul aan die landswye, provinsiale “Level” 2-gala deelgeneem het.

 

 

Beginners R Dippenaar, K Postma
Span M Ferreira, J Dippenaar & P le Roux