Netbal

Netbal

NETBALHOOF:  Me. Maygan-Joy van Rooyen

 

Speelsters kry geleentheid om aan wedstryde, toernooie, sportdae deel te neem.                                          

0/7, 0/8 en 0/9-spanne speel mini-netbal.  Hierdie speelsters word aan al die posisies op die netbalbaan blootgestel.  Deelname en genot is die grootste oorweging by mini-netbal.

0/12 en 0/13-netbalspeelsters neem aan SWD-proewe deel en indien hul in die SWD-span opgeneem word, kan hul ook aan die Wes-Kaapproewe gaan deelneem.  Speelsters wat in die Wes-Kaapspan opgeneem word, sal aan SA-toernooi deelneem.

0/13A-speelsters speel deurgaans in geborgde wedstryddrag.  Vir die HESS-toernooi word die 0/11-span ook toegelaat om in geborgde wedstryddrag te speel.