Hokkie

Hokkie

HOKKIEHOOF: Me. Martie Ferreira

Verskillende ouderdomsgroepe:

0/7 tot 9:  6 spelers in ‘n span, hul oefen op die skoolveld:  slegs ‘n kwartveld.

0/7 en 0/8-spanne speel sonder ‘n doelwagter.  Hul speel ook nog nie wedstryde nie.

0/9-spanne kry geleentheid om aan toernooie deel te neem.

0/10 en 0/11:  8 spelers in ‘n span, hul oefen op die skoolveld:  half-veld.  Die spelers speel op verskillende posisies, hul speel wedstryde en neem aan toernooie deel.

0/13:  11 spelers in ‘n span.  Hierdie spanne speel op ‘n vol veld.  Die 0/13’s oefen op York se hokkievelde.

Basiese vaardighede word tydens oefeninge aangeleer.  Spelers kry geleentheid om liga-wedstryde en vriendskaplike wedstryde te speel.  Hul kry ook geleentheid om aan toernooie en sportdae deel te neem.

0/13-spelers kry geleentheid om aan die SWD-proewe deel te neem.  Spelers kan in ‘n A of B-span opgeneem word.