Skooldrag

Skooldrag

SKOOLDRAG
   DOGTERS Somer:

  • Geel skoolrok, swart skoolskoene en wit sokkies.

Winter:

  • Geel skoolrok, swart skoolskoene met lang, swart kouse of grys langbroek, wit dashemp en das, swart skoolskoene en grys sokkies.
  • Swart oortrektrui, swart langmoutrui en skoolreënbaadjie kan dwarsdeur die jaar gedra word.

Opsioneel

  • Graad 4- tot 7-leerders mag die formele swart skoolbaadjie dwarsdeur die jaar dra.  Indien die baadjie gedra word, moet die leerder skoolskoene daarby aanhê. Baadjies beskikbaar by De Jagers Uitrusters.  
        SEUNS Somer:

  • Grys kortbroek, wit oopslaanhemp, swart skoolskoene en grys sokkies.

Winter

  • Grys langbroek, wit dashemp, skooldas, swart skoolskoene en grys sokkies.
  • Swart oortrektrui, swart langmoutrui en skoolreënbaadjie kan dwarsdeur die jaar gedra word.

Opsioneel

  • Graad 4- tot 7-leerders mag die formele swart skoolbaadjie dwarsdeur die jaar dra. Indien die baadjie gedra word, moet die leerder skoolskoene daarby aanhê. Baadjies beskikbaar by die De Jagers Uitrusters.
Gr. 1-5 seuns en dogters mag kaalvoet skool toe kom gedurende die eerste en vierde kwartaal.

Gr. 6-seuns mag slegs die eerste kwartaal kaalvoet skool toe kom.

Die res van hul Gr. 6- en hul Gr. 7-jaar moet hul skoolskoene dra.

Skooldrag, sportdrag en LO-drag is beskikbaar by De Jagers,
asook die LGS Klerebank by die skool.