Waardes
GEANKER IN ONS WAARDES
KARAKTERTRANSFORMASIE
Die Karaktertransformasie-program is ‘n integrale deel van die beginsels wat ons by Laerskool George-Suid uitleef. Hierdie verskillende waardes vorm ‘n belangrike deel van elke leerder se opvoeding.
BETROUBAARHEID, RESPEK, VERANTWOORDELIKHEID, REGVERDIGHEID, OMGEE, GOEIE BURGERSKAP
Indien ons ‘n goeie burger van ons land is, sal ons betroubaar, regverdig en verantwoordelik optree. Ons sal vir ander mense omgee en ons sal hul met respek behandel. Hierdie waardes is die eienskappe van ‘n goeie karakter waarmee elke kind toegerus behoort te word!